Slotbetoë aangehoor in Malema-tugverhoor
2011-09-13 13:04
Johannesburg – Slotbetoë word Dinsdag aangehoor in die dissiplinêre verhoor van Julius Malema, president van die ANC-jeugliga.
Die tugverhoor is Dinsdagoggend in Kibler Park, suid van Johannebsurg hervat.
Die tugkomitee sal fokus op die aanklagte teen Floyd Shivambu, woordvoerder van die jeugliga, wanneer Malema se verhoor afgehandel is.
Malema, Shivambu en vier ander lede van die jeugliga word aangekla dat hulle die ANC in oneer bring en verdeeldheid in die ANC saai.
Malema het vroeër vandeesmaand gesê het hy het planne om ’n “bevelspan” saam te stel om weerstand te organiseer teen die president van Botswana, Ian Khama, se bewind.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter