Sloot val bo-op man inmekaar
2011-05-09 17:50
Johannesburg - ‘n Man is ernstig beseer toe ‘n sloot bo-op hom inmekaargeval het by ‘n bouperseel in Soweto Maandagoggend, het paramedici van Netcare 911 gesê.
Volgens Jeffrey Wicks, woordvoerder, het tonne grond op hom geval en was hy vir byna 10 minute onder die grond begrawe.
“Sy mede-werkers het hul gehaas om hom te help en verwoed gegrawe om hom te probeer red.”
Die man is deur paramedici uitgetrek en op die toneel gestabiliseer voordat hy na die Milpark-hospitaal geneem is.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA