Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Slegs Oscar weet wat het gebeur, sê pa

2013-02-14 11:31
Tweets Share Share line Print
Fotogalery - Tragedie by Oscar se huis
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
 

Kaapstad – Slegs Oscar Pistorius self kan 'n verklaring gee oor wat presies Donderdag in die vroeë oggendure by sy huis gebeur het, het die ster-atleet se pa, Henke Pistorius, gesê.

'n Emosionele Pistorius sr. het aan RSG gesê die gebeure is tragies, maar inligting oor die voorval is nog vaag.

"Dit is baie, baie tragies. In my hart is ek baie jammer vir Oscar en vir haar ouers. Slegs God se genade kan in hierdie tyd enige verskil maak."

Hy het verder gesê sy seun is baie hartseer en hy het die publiek gevra om nie aannames te maak nie.

Die 26-jarige Oscar, wat erg geskok is, is in aanhouding nadat hy na bewering sy vriendin, die model Reeva Steenkamp, by sy huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet het.

Kate Silvers, Pistorius se skakelbeampte in Londen, het gesê sy wil nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie.

"Ons sal moontlik later 'n verklaring uitreik," het sy gesê.

Peet van Zyl, Pistorius se bestuurder, en Ampie Louw, die Pretorianer se afrigter, kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) gesê hy kan nie kommentaar lewer oor die voorval nie.

"Saskok, nes die res van die publiek, weet niks meer as wat in die openbare domein is nie," lui 'n verklaring.

"Die organisasie is in geen posisie om kommentaar te lewer oor die voorval nie, anders as om te sê ons diepste simpatie en medelye met die families nie.

"Daar is 'n polisie-ondersoek soos met enige skietery en dit sal onverantwoordelik en onvanpas wees om kommentaar te lewer tot die amptelike ondersoekproses afgehandel is."

James Evans, president van Atletiek Suid-Afrika, het gesê die beheerliggaam vir die sport kan ook nie kommentaar lewer nie.

"Dit is 'n private aangeleentheid en ons het nie al die feite nie."

Oscar sal na verwagting Donderdagmiddag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

– Volg Nuus24 op Twitter

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
63 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

John Allers sê... dikgat , die is nie australie nie . ducktail met 'n "wish you were here uitdrukking" in die oe . was jy 'n byspeler in vilage people ? Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 18:53 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive - DELAYS from the N1 Highway
  • Thursday Pretoria - 18:42 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive Northbound
    DELAYS between the N4 Highway Interchange and Mamelodi East
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.