Slang pik plaaswerker
2011-01-27 20:00
Durban – ‘n Vroulike plaaswerker is glo in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat sy deur ‘n pofadder gepik is, het paramedici in KwaZulu-Natal bekend gemaak.
“Die vrou is in ‘n ernstige, maar stabiele toestand,” het Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, gesê.
Die vrou het glo tussen lang gras geloop toe die slang haar an die kuit gepik het.
Netcare 911 se reddingshelikopter, met ‘n dokter aan boord, is dadelik na die plaas uitgestuur.
Volgens Botha is die slagoffer na die Netcare St Augustine-hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA