‘Slagoffers en huiskomitee' oor video gestraf

2010-08-05 08:42
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Die “slagoffers” van die nuutste video wat ’n storm om die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kop laat losbars het, is saam met die res van die huiskomitee (HK) van Villa Bravado gestraf vir hul “deelname” aan die video waarin hulle ontgroen is.

Theuns du Buisson, een van die vier studente wat ontgroen is, het Woensdag eksklusief aan Volksblad gesê hy, Wessel Wessels, Pieter Cockeran en Jonathan Bosman is saam met die res van die HK “ ’n vonnis” opgelê nadat die UV vroeër vanjaar van die voorval bewus geword het.

“Die video was op huis Villa Bravado se Facebook-bladsy. Rudi Buys, studentedekaan, en Quintin Koetaan, direkteur van verblyfdienste, het een oggend by die koshuis opgedaag en ons versoek om die video van Facebook af te verwyder. Hulle het ons versoek om dit binne die koshuis te hou omdat hulle nie die ‘internasionale media’ op hol wil hê nie.”

Du Buisson sê die primarius van die koshuis, Chris Nthakeni, is kort daarna geskors en die koshuishoof, Paseka Mokoena, se dissiplinêre verhoor het begin. “Die hele HK moes beëdigde verklarings by beskermingsdienste gaan aflê. Daarna het ons gehoor ons almal moet gemeenskapsdiens by ’n kleuterskool verrig as straf.”

Die straf was glo omdat niemand die ontgroeningsvoorval aan die UV-bestuur gerapporteer het nie. Hy voel die straf is “belaglik”. Hy sê tot voordat Volksblad Maandag die video rugbaar gemaak het, het geen haan weer daarna gekraai nie.

“Die universiteit was baie stil. Ons het nie weer ’n woord gehoor tot Maandagmiddag nie.”

Volgens Du Buisson het Koetaan Maandagmiddag ’n vergadering met die HK van Villa Bravado byeengeroep en versoek dat hulle alle media-navrae na die woordvoerder van die UV, Lacea Loader, verwys, “om hulself te beskerm”.

Du Buisson het simpatie met Nthakeni. “Hy is regtig ’n nice ou wat eintlik teen ontgroening is. Die huis (koshuis) het dit van hom verwag. Ons sou ook nie deel van die koshuis gevoel het as ons nie deur die ontgroening gegaan het nie.” Hy sê hulle voel nie regtig verneder nie. “Ons besef die video het geen verband met die Reitz-video nie, maar ons dink albei video’s is onnodig opgeblaas.”

Loader wou nie kommentaar lewer nie. “Aangesien die saak nog in die proses van ’n dissiplinêre verhoor is, is dit sub judice en kan ons nie kommentaar lewer nie.”

Intussen is die Villa-video op die webwerf YouTube verwyder.

Julie Taylor, kommunikasiebeampte van Google en YouTube, sê in ’n verklaring die verwydering van ’n video hang grootliks af van besoekers aan die webwerf.

Luidens die verklaring kan besoekers video’s flag wat hulle meen is onvanpas. Wanneer dit gebeur, word die video deur YouTube-personeel ondersoek en indien bevind word dit strook nie met YouTube-riglyne nie, word dit binne minute verwyder.

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het dit egter op hul webtuiste beskikbaar gemaak.

Adv. Mothusi Lepheane van die menseregtekommissie (MRK) in die Vrystaat, het Woensdag by navraag gesê die MRK is bewus van die Villa-video. “Ons het dit egter nog nie onder oë gehad nie en nog geen klag daaroor ontvang nie. Indien ons egter sien daar kom menseregteskending in die video voor, sal ons onmiddellik optree, ongeag of iemand ’n klag indien of nie.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.