Slagoffers eis R1,2 milj van adv. Barbie

2010-11-03 10:28
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die slagoffers van die veroordeelde seksmisdadiger Cézanne Visser, oftewel adv. Barbie, dagvaar haar vir R1,2 miljoen, het The Star Woensdag berig.

"Op 'n sielkundige vlak is hulle diep geskend en hulle is verkleineer – veral omdat hulle weeskinders was (ten tyde van die voorval)," het Pieter Coetzee, hul regsverteenwoordiger, gesê.

Die twee slagoffers van Pretoria eis elk R600 000 in skadevergoeding vir die koste van berading en die smart en trauma wat hulle as gevolg van die seksuele mishandeling deur Visser en haar voormalige kêrel, Dirk Prinsloo moes deurmaak.

Die meisies was 11 en 15 jaar oud toe die mishandeling meer as agt jaar gelede plaasgevind het.

Hul regsverteenwoordiger het gesê hul dokumente is by die Pretoriase hooggeregshof ingedien en Visser het 10 hofdae om te reageer.

Visser dien 'n vonnis van sewe jaar tronkstraf uit nadat sy verlede jaar op 11 aanklagte, wat verband hou met seksuele misdade waarby kinders en volwassenes betrokke is, skuldig bevind is.

Prinsloo is tans in 'n tronk in Belarus, Rusland, nadat hy skuldig bevind is aan bankroof. Hy het na Belarus gevlug om die verhoor weens seksmisdade te ontduik.

Visser se derde slagoffer, Jeannine du Plessis (21), het in Maart vanjaar selfmoord gepleeg.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: dirk prinsloo  |  cezanne visser  |  hof  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.