Slaggate gebruik vir ‘visvang’, wasgoed was

2010-12-22 10:10
Tweets Share Share line Print

Jennifer Graham (12) maak of sy visvang in ’n slaggat. Foto: Barney Graham

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Witbank - “As ons nie in die Vaaldam kan visvang nie, gaan ons sommer hier in een van die baie slaggate in ons eie straat probeer,” het ’n pa van eMalahleni (Witbank) gister geskerts.

Barney Graham (46) se twee dogters, Eloïse (15) en Jennifer (12), het vir die Desember-vakansie uit Orkney by hul pa kom kuier en het beplan om Sondag by die Vaaldam te gaan visvang, toe hulle halfpad soontoe weens die reën besluit het om om te draai.

“Ons het Saterdag reeds alles vir ons uitstappie in my motor gelaai. My dogters wou baie graag gaan visvang en op pad huis toe het ons die idee gekry om ’n bietjie pret te hê,” het hy gesê.

Die gesin het langs een van die meer as 230 slaggate in Gordonstraat stilgehou en ’n stoel en visstok uit die motor gehaal.

Jennifer het daar gesit en gemaak of sy in ’n slaggat, wat met water gevul is, visvang. Verskeie motoriste het gedurende die 20 min. wat hulle daar gesit het stilgehou en met die gesin gesels.

“Een vrou het gelag en gesê sy is seker ons sal grotes vang terwyl ’n ander man gevra het hoeveel ons al gevang het,” het Graham gesê.

Eloïse het glo baie skaam gekry en in die motor gaan wegkruip.

Volgens Graham het hy verlede Donderdag gesien hoe ’n vrou haar vuil wasgoed in ’n slaggat, ook in Gordonstraat, gewas het.

“Sy het daar in die straat dit gewas en toe langs die pad opgehang. Dit was nogal vreemd.”

Die straat is glo sowat 2,4 km lank.

Graham het gesê hy het opgehou tel by 230 slaggate.

- Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: padveiligheid  |  kan jy glo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.