Slaggat veroorsaak nóg 'n ongeluk

2011-08-01 09:08
Tweets Share Share line Print

Die wrak van Richard Mokatsanyane, ’n munisipale amptenaar van Ladybrand, se Volkswagen op Kroonstad nadat hy vermoedelik ’n slaggat getref en beheer oor die voertuig verloor het. Foto: Johan Brits

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kroonstad - ’n Munisipale amptenaar is die naweek beseer toe hy vermoedelik een van die vele slaggate op die dorp getref en daarna beheer oor sy voertuig verloor het.

Die ongeluk het byna nog skade of straks lewensverlies veroorsaak, omdat die motor naby huise tot stilstand gekom het.

Richard Mokatsanyane (27), ’n klerk aan die Mantsopa-munisipaliteit op Ladybrand, het vermoedelik heupbeserings opgedoen en word in die Netcare-Kroon-hospitaal op die dorp behandel.

Sy wit Volkswagen-motor is ’n wrak.

Mokatsanyane is glo die derde slagoffer binne twee maande van Kroonstad se slaggate.

Intussen het Kroonstadse inwoners en sakelui reeds stappe begin doen vir een van die grootste beplande hofaksies nog teen swak munisipale dienslewering met die klem op die toestand van die dorp se strate.

Mokatsanyane se pa, Kadimo, sê sy seun het in die omgewing van die duikweg in Noordweg vermoedelik ’n slaggat getref. Een van die bande het glo gebars.

“Hy het beheer verloor en sy voertuig het die pad verlaat.”

Mokatsanyane se voertuig het in ’n stuk veld tot stilstand gekom.

’n Paar meter verder sou die motor klaarblyklik teen een van die huise in die woongebied Charl Malanville gebots het of deur die Heck-roodtpark-ontspanningsaal gebars het.

Hennie Beukes (28) van die woongebied Brentpark op Kroonstad was in Mei saam met drie kollegas ná werk op pad na Brentpark toe die Mazda waarin hulle gery het, glo reg van voor teen ’n Isuzu-bakkie gebots het. Na bewering het een van die voertuie vir ’n slaggat in Sewende Laan in die nywerheidsgebied uitgeswaai en voor die ander beland. Beukes het gesterf en die ander is beseer.

Charl Poolman, voormalige DKD-hoë in die Noord-Vrystaat, het tydelik in ’n rolstoel beland nadat hy ná ’n ernstige rugoperasie in ’n slaggat op die dorp getrap het. Skroewe in Poolman se rug, wat van sy werwels vashou, het uitgeruk.

Die Kroonstad Gatvol Besigheidsaksie, ’n apolitieke groep sakelui en inwoners van Kroonstad wat dié regsaksie voer, word sterk ondersteun omdat dit die liggie in die tonnel is om Kroonstad van algehele verval te red.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: ongelukke  |  slaggate

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.