Slaggat kos egpaar byna al hul skilderye

2011-04-21 07:35
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die haglike toestand van die land se paaie het vir ’n Bloemfonteinse skilder-egpaar groot skade berokken toe byna al hul kunswerk in vlamme verwoes is kort nadat hulle ’n slaggat getref het.

Die egpaar Kotzé het verdwaas toegekyk hoe 73 geraamde skilderye, waarvan 43 hul eie unieke werke is, tot niet gaan.

Hoewel erg geskok, was Kobus Kotzé, en sy vrou, Joe, albei wonderbaarlik ongedeerd.

Die voorval het Sondagmiddag laat aan die voet van die Olivierspas plaasgevind.

Die egpaar vermoed hul voertuig, ’n Renault Trafic-bestelwa, het weens ’n kortsluiting aan die brand geslaan kort nadat hulle onvermydelik ’n reuse-slaggat getref het.

Hulle was op pad na KwaZulu-Natal om ’n week lank van Winterton tot die Suidkus hul kunswerk aan getroue klante by hul galerye te gaan bemark.

Die egpaar sê hulle gaan een keer per jaar op so ’n reis.

Mnr. Kotzé het een kunswerk, ’n Oos-Vrystaatse landskap, spesiaal op versoek van een van die galerye geskep.

Die kunswerk, waaronder ook van ander kunstenaars wat hulle in hul twee plaaslike galerye verkoop, het ’n waarde van sowat R470 000 gehad. Al hul bagasie, dokumente en hul kamera het ook in die slag gebly.

Dit gaan die “beste deel van ’n jaar” vat om weer die hoeveelheid werk in te haal, sê hulle.

Die voertuig, waarvan net “stukkies yster” oorgebly het, was skaars ’n jaar oud.

Die egpaar het wel versekering vir die kunswerke en die voertuig.

“So drie kilometer nadat ons die slaggat getref het, het rook uit die enjinkap begin borrel. Ons het besef die voertuig brand.”

Hulle sê dis die erge toestand van die land se paaie wat vir dié ongeluk, wat hul lewe kon geëis het, verantwoordelik was.

Mev. Kotzé sê sy weet nie hoe nie, maar sy het kans gehad om haar handsak onder haar sitplek te gryp en te hardloop.

Sy sê hulle het ver weg van die voertuig beweeg in geval dit ontplof.

Oor die traumatiese ervaring sê die egpaar dat dit nie net die materiële verlies is nie, maar dat hulle ook emosionele trauma beleef het.

“Dis net genade dat ons leef. Ons is ontsettend dankbaar.

“Dis nou nie net van gaan sit weer en verf nie.

“’n Mens moet emosioneel ingestel wees.”

Mnr. Kotzé sê hulle kan nie anders as om net weer aan die werk te spring nie.

“Hulle sê mos werk is 1% inspirasie en 99% perspirasie.

“Baie van die kunswerk was uiters besonders, onvervangbaar, maar ons gaan maar net moet. Dis ons heeltydse beroep, ons inkomste,” sê hy.

- Volksblad

Lees meer oor: slaggate  |  paaie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.