Skuld by skole word al hoe erger

2010-12-19 07:38
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Al hoe meer ouers vra afslag op skoolgeld.

Baie skole sien ook ’n toename in wanbetaling en weens die swak ekonomiese omstandighede is dit boonop vir skole moeiliker om deur projekte geld in te samel.

So sê Paul Colditz, uitvoerende hoof van die beheerliggaamorganisasie Fedsas.

Volgens hom verteenwoordig wanbetaling en aansoeke om vrystelling by sommige skole so min as 3% van die totale skoolgeld, maar by ander het dit die afgelope jaar tot soveel as 70% gestyg.

Skole met wie Rapport gepraat het, het stygings in aansoeke om vrystelling bevestig.

Hammies van Niekerk, hoof van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad, sê aansoeke om tarieftoegewings by sy skool het van 17% in 2005 gestyg tot ’n begrote 43% in 2011.

By die Hoërskool Linden in Johannesburg het aansoeke om vrystelling met 3% tot 17% gestyg, terwyl die Hoërskool Upington sê sy aansoeke hiervoor het met 6% gestyg en wanbetalings met 7%.

Van Niekerk sê ouers wat hulle tot skuldberading wend, word ’n al hoe groter kopseer.

Die skoolgeld wat hulle skuld, word dan soos hul ander skuld bietjie vir bietjie afbetaal.

Wat uitgawes betref, is munisipale dienste ’n groot faktor in skole se begrotings, sê Colditz.

“Die stygings die afgelope en aanstaande jaar is veel hoër as inflasie en dit raak skole baie sleg. Hulle moes begroot vir verhogings bokant inflasie of op ander plekke sny.”

Fedsas is in gesprek met die nasionale departement van basiese onderwys om ’n gunstiger bedeling vir skole te beding.

Van Niekerk sê sy skool kon sy styging in skoolgeld vir 2011 tot 4,7% beperk danksy nuwe bronne van inkomste, soos die verhuring van koshuise in vakansies.

Uitgawes aan bykomende personeel is gerasionaliseer deur kwynende vakke te staak.

By die Hoërskool Grens, die enigste Afrikaanse hoërskool in Oos-Londen, styg skoolgeld met 8%. Etienne Bester, voorsitter van die beheerliggaam, sê die skool gaan in 2011 probeer om veral op water en elektrisiteit te bespaar.

Ook die Hoërskool Upington wil op elektrisiteit bespaar, maar sê hy sal eintlik op alle terreine moet bespaar omdat sy skoolgeldstyging tot 7% beperk is.

Kobus Hendriks, hoof van die Hoër Tegniese Skool Louis Botha in Bloemfontein, sê hul skoolgeld styg ook met 7%.
“Uitgawes is reeds tot op die been gesny – gehalte-onderwys is nie goedkoop nie,” sê Hendriks.

By Linden styg skoolgeld met 13,7% en Herman Odendaal van die beheerliggaam sê die skool gaan sy uitgawes beperk deur onder meer minder nuwe projekte aan te pak.

Die meeste ouers is in die middelinkomstegroep.

Odendaal sê die skool begin aanstaande jaar met ’n nuwe reë­ling vir ouers wat weens hul lae inkomste volgens die staat se riglyne vir vrystelling kwalifiseer.

Die skool gaan vir sulke ouers “alternatiewe skoolgeld” vasstel. Dit sal ’n laer bedrag wees sodat die ouer volgens die riglyne steeds kwalifiseer om ’n bedrag te kan betaal.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: skole  |  skoolgeld  |  wanbetaling  |  geldsake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.