Skuif van parlement na Pta weer op die tafel

2011-11-24 08:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die ANC het die verskuiwing van die parlement na Pretoria Woensdag weer vierkant op die tafel geplaas.

’n Senior ANC-LP, Vincent Smith, het in vraetyd in die Nasionale Vergadering gesê die feit dat die parlement in Kaapstad gesetel is, moet “dringend” hersien word.

“Die besluit om die uitvoerende gesag, die wetgewer en die regbank op aparte plekke te huisves was die gevolg van ’n politieke skikking in 1910 deur ’n wit regering,” het Smith gesê.

Hy is voorsitter van die portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste en woon in Gauteng.

“Daardie besluit het na my mening tot onnodige koste gelei wat betref reis, huisvesting en produktiwiteit. Ná 17 jaar (ná die koms van demokrasie) dink ek dit het tyd geword dat hierdie besluit hersien word.

“Geld wat aan hierdie uitgawes bestee word, kan elders benut word waar dit nodiger is.”

Graham McIntosh, Cope-LP, het voorgestel dat sou die parlement na Pretoria verskuif word, die geboue in Kaapstad vir die Pan-Afrika-parlement (PAP) gebruik word.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het gesê Smith en McIntosh vra geldige vrae.

“Ek is maar net ’n nederige minister; lede is welkom om die saak te bespreek.”

Volgens hom het die reiskoste vir tesourie-amptenare tussen April en Oktober vanjaar meer as R5 miljoen bedra.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: anc  |  parlement

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.