Skrywers kap mekaar oor ‘plagiaat’

2009-12-20 08:45
Tweets Share Share line Print

Die knuppel is in die literêre hoenderhok nadat ’n Afrikaanse skrywer wat in Parys woon die bekende skrywer André P. Brink indirek van plagiaat beskuldig het.

Rina Sherman, wie se roman Uitreis in 1997 deur Human & Rousseau uitgegee is, sê Brink het in 1993 dié roman se manuskrip hersien en vir haar aantekeninge gemaak.

Sy sê sy het later uit alle oorde gehoor hoeveel die begin van Brink se roman Sandkastele, wat in 1995 ook deur Human & Rousseau uitgegee is, met dié van haar roman ooreenstem.

“Indien daar wel plagiaat was, sou ek geen twyfel gehad het oor hoe dit sou kon gebeur het nie. Hy het dan die manuskrip gelees, en dit voor die publikasie van sy en daarna my boek.”

Sy het self nog nooit Sandkastele gelees nie (“Ek was nog nooit ’n Brink-fan nie”), maar het die gerug sy gang laat gaan.

Sy het dit egter op Rapport se webblad opgehaal in die vorm van kommentaar op ’n vorige storie.

“Wie is André P. Brink?” het sy onder meer hier geskryf.

Brink het teruggekap na Sherman en gesê dié kwessie word al meer as tien jaar aangeroer, maar is lankal deur die uitgewers “as onsinnig weerlê”.

“Ek verwelkom altyd eerlike en selfs uitdagende gesprek, maar met moedswilligheid en domonnoselheid het ek min geduld.”

Hy sê Sherman se aantygings is ongegrond en dat dít ook blyk uit die feit dat sy nooit Sandkastele gelees het nie.

“Ja, sekerlik, ek het baie jare gelede haar manuskrip gelees en – soos ek gewoonlik met sukkelende beginners maak – vriendelik probeer om op die positiewe moontlikhede eerder as op die twak-op-papier te konsentreer.”

Hy bestempel haar aantyging as “nie net belaglik en kinderagtig nie, maar ook lasterlik”.

By die lees van Uitreis en Sandkastele se begin kon Rapport enkele ooreenkomste in die intrige en sekere elemente (byvoorbeeld ’n vroulike hoofkarakter wat dit pertinent stel dat haar pa eintlik wou hê sy moes ’n seun gewees het) waarneem, maar geen teks wat direk verband hou met mekaar nie.

Die uitgewer Kerneels Breytenbach, wat Uitreis sowel as Sandkastele uitgegee het, sê “die tema van banneling en/of vervreemdeling wat terugkeer na sy geboorteland, en dan besin oor die geskiedenis wat hom/haar uit die land gedryf het, het in die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse letterkunde gegroei tot ’n genre op sy eie”.

Brink meen sy roman sluit bloot aan by hierdie genre en dat Sherman nie bewus is van hoe algemeen dit is nie. 

- Rapport

Vir meer hieroor en Sherman en Brink se onveranderde antwoorde op Rapport se vrae, besoek Rapport.

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.