Skrywer wil praat oor wapentransaksie
2011-12-03 12:01
Kaapstad – Die voormalige ANC-parlementslid en skrywer van 'n boek oor Suid-Afrika se multimiljardrandse wapentransaksie, Andrew Feinstein, sê hy is gretig om getuienis voor die nuutgestigte kommissie van ondersoek na die transaksie af te lê, het RSG Saterdag berig.
Feinstein wat tien jaar gelede uit die parlement bedank het en nou in Brittanje woon, is in die land om sy jongste boek oor die wêreldwye wapenhandel bekend te stel.
Hy sê hy is bekommerd dat indien die wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting in sy huidige vorm wet sou word, mense soos hy dalk verhinder sal word om getuienis te gebruik wat as vertroulik geklassifiseer is.
Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG