Skrobbering vir Julius en jeugliga

2011-08-14 07:04
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die ANC gaan nie “soos die apartheidsregering in die sake van ons buurlande inmeng nie. Ons bevorder goeie buurmanskap en steek nie ons neuse in ander mense se interne sake nie.”

So het pres. Jacob Zuma Saterdag gereageer toe hy die ANC-jeugliga en sy leier, Julius Malema, gekap het oor uitsprake van ’n bewindsverandering in Botswana.

Kort ná hierdie skrobbering het die jeugliga om verskoning gevra en belowe dat die liga hom “nooit buite beleidsbeperkinge en voorskrifte van die ANC sal definieer nie”.

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, wou nie kommentaar lewer nie omdat hy “geen mandaat het om op die liga se verskoning kommentaar te lewer nie”.

In ’n aanduiding dat optrede teen die jeugliga beoog word, het hy bygevoeg dat die skade aan Zuma se beeld, sowel as dié van die ANC en die regering nie deur ’n verskoning verander kan word nie. “Die ANC sal nie die kwessie laat vaar nie.”

Zuma meen Malema se vroeëre uitlatings oor Zimbabwe en Libië is “politiek deurgetrap”, maar die Botswana-uitsprake het dit in alle opsigte oorskry.

“Sodra jy begin praat oor ’n kommando of eenheid wat om politieke redes na ’n land gestuur word en om die bewind in ’n land te verander, is dit ’n ernstige uitspraak. Dit gaan dan om ’n ander soort ingryping as politieke gesprekvoering.”

En, het Zuma gesê, Malema se uitsprake laat blyk dat die jeugliga die regering in Botswana as onwettig beskou.

Zuma het gesê hy is onseker of die regering van Botswana begryp dat dit nie die menings van die ANC of regering is nie, maar dié van die jeugliga wat “op sy eie manier dink”.

Zuma het ook belowe dat opgetree gaan word teen diegene wat in die openbare beskermer (OB) se verslag uitgewys is in die verdagte polisiehuurooreenkomste.

Hy is “byna klaar” met sy ondersoek van die verslag en sal “seer sekerlik moet optree”, het Zuma gesê.

Hy het ook gesê sy administrasie is ernstig oor die stryd teen korrupsie.

“Ek het persoonlik minstens 18 ondersoeke onderteken. Jy kan nie sê die huidige regering het minder gedoen as wat tevore gebeur het nie. Ons doen ons bes om korrupsie teen te werk.

“Trouens, ons oorweeg selfs ’n verandering aan tenderprosedures met strenger reëls om korrupsie te beperk; iets wat nog nooit tevore ter sprake gekom het nie.”

Maar sommige van die ANC se alliansievennote is ontevrede met die traagheid waarmee genl. Bheki Cele, nasionale polisiekommissaris, en Gwen Mahlangu-Nkabinde, minister van open­bare werke, benader word.

“Daar is ’n element van besluiteloosheid, wat ons natuurlik sou verkies om nie te hê nie,” sê Patrick Craven, Cosatu se woordvoerder.

“Natuurlik het hy (Zuma) tyd nodig om die kwessies te bekyk, veral oor die polisiehuur-debakel, maar dit duur te lank.”

Die president van die ANC-vete­rane­liga, Sandi Sijake, meen Zuma is “toegeeflik jeens die vyand” en dat hy traag is om teen oortreders op te tree.

“As jy betrokke raak by korrupsie, is jy deel van die vyand.

“As jy so lank vat om op te tree, is jy toegeeflik jeens die vyand. ’n Mens tree gewoonlik onmiddellik op om die korrupsie stop te sit.

“Zuma moet bewys dat hy met die OB saamstem, veral omdat sy hieroor gedreig is en die kwessie baie publisiteit gekry het.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.