Skrap héle tolplan, eis Moederstad

2011-11-03 08:03
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Besluite van twee nasionale ministers om die omstrede N1- en N2-Wynland-tolprojekte goed te keur, was “strydig met die wet” en daarom behoort die hele tolprojek herroep te word.

Dít is die mening van die Kaapse stadsraad, wat nou daartoe gelei het dat die burgemeester, Patricia de Lille, dit oorweeg om dispute met dié minister van vervoer en die minister van waterwese en omgewingsake te verklaar.

Die stadsraad wil verder ’n skriftelike onderneming van die minister van vervoer, mnr. S’bu Ndebele, hê dat hy wel die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) skriftelik ingelig het dat daar ’n moratorium op verdere stappe vir tolpaaie geplaas is.

Ndebele het Sanral op 23 Oktober opdrag gegee om sy prosesse om tolpaaie te bou eers te staak sodat daar met die betrokke partye gekonsulteer kan word.

Die stappe is gister deur die Kaapse burgemeesterskomitee bespreek en die stadsraad moet nou op sy volgende raadsvergadering besluit of De Lille gemagtig gaan word om amptelike inter-regeringsdispute met die ministers te verklaar.

Die stadsraad het reeds regsadvies gekry en glo dat die besluite aanvegbaar is en tersyde gestel kan word.

Die proses word deur die stadsraad as uiters dringend beskou, omdat die tyd beperk is om ’n inter-regeringsdispuut te verklaar.

Volgens die stadsraad is die impak van die tolpaaie op die gemeenskap en die ekonomie nie deur die minister van waterwese en omgewingsake in ag geneem toe hy die tolpaaie goedgekeur het nie.

Die minister van vervoer het ook sy besluit geneem dat die bepaalde dele van die N1 en N2 as tolpaaie geregistreer word sonder dat daar openbare vergaderings gehou is waar die betrokke gemeenskappe en Kaapse stadsraad insette oor die tolpaaie kon lewer.

Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, paaie en stormwater, het in ’n brief aan Ndebele ook gevra dat hy die stadsraad drie maande kennis sal gee alvorens Sanral weer die groen lig gegee word om sy tolpadplanne voort te sit. Die versoek is gerig sodat die stadsraad sy stappe in plek kan kry om verdere regsoptrede te verseker.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: tolpaaie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Bwa-ha-ha Gotter, like die "clevah" spelling ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.