Skrander Matie sterf

2009-09-03 07:58
Tweets Share Share line Print

Jan Gerber

Stellenbosch - ’n Twintigjarige man is Dinsdag oorlede nadat hy ondanks leukemie ’n ideaal verwesenlik het om met sy studies voort te gaan en in sy pa se koshuisvoetspore te loop.

Bruwer de Kock, wat vanjaar begin het met die kursus BSc (wiskundige wetenskappe) aan die Universiteit Stellenbosch (US) het in die Constantiaberg Medi-Clinic in Kaapstad die stryd teen kanker verloor.

Volgens Llewellyn MacMaster, US-studentedekaan, was De Kock ’n briljante student en het hy drie van die vier modules waarin hy in Junie eksamen geskryf het, met onderskeidings geslaag.

“Saam met die hartseer oor De Kock se afsterwe, is die universiteitsbestuur, personeel en studente diep geraak deur sy deursettingsvermoë.Hy het ondanks sy siekte gekies om sy matriek te voltooi en sy studies aan te pak. Dit was ook sy wens om in die koshuis te wees waar sy pa ook ’n inwoner was.”

De Kock, oorspronklik van George, was ’n inwoner van Dagbreek. Dié manskoshuis se inwonende hoof, dr. De Wet Strauss, het saam met De Kock se pa, André, in die koshuis gebly.

Volgens Strauss was De Kock baie slim. Sy ouers het aan die begin van die jaar gevra dat sy koshuismaats nie oor sy siekte ingelig word nie.

Strauss het gesê De Kock se toestand het ná die Junie-vakansie versleg en dat hy die koshuis net vlugtig besoek het om sy besittings te kom haal. ’n Beenmurgoorplanting is ook probeer.

Hy is die elfde student aan die US wat vanjaar gesterf het.

Dinayah Kortje (19), ’n B Ed-student en inwoner van die Harmonie-vrouekoshuis en ook oorspronklik van George, het in Julie weens tuberkulose in ’n hospitaal in George gesterf.

Die US het sy medelye met De Kock se ouers betuig en moedig studentemaats en vriende aan om van die Sentrum vir Studentevoorligting en – ontwikkeling se beradingsdienste gebruik te maak, sou hulle dit benodig.

De Kock het in 2008 met ’n onderskeiding aan die Hoërskool Outeniqua in George gematrikuleer, luidens dié skool se webblad.

Die begrafnis is Saterdag in George.

- Die Burger

Lees meer oor: maties

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Blapsie is nie in die "aan" posisie vanoggend nie - eerste koffie voor jy clevah kan wees ou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.