Skote klap in bende-oorlog
2010-01-15 16:21
Kaapstad – Die polisie is op soek na twee gewapende bendelede wat betrokke was by ‘n skietery in Wesbank buite Kaapstad.
Volgens kapt. Nomathemba Muavha, polisiewoordvoerder, het die verdagtes Woensdag losgebrand op twee ander mans.
Die verdagtes het van die toneel gevlug. Niemand is in die voorval gewond nie.
“Die verdagtes is glo lede van die Mobster-bende. Een van die mans op wie hulle geskiet het, is deel van die Dixiboy-bende,” het Muavha gesê.
–Sapa