Skote klap by vakansie-oord

2010-06-17 08:57
Tweets Share Share line Print

Daniëlla du Plooy, Beeld

Johannesburg - ’n Groep Johannesburgers wat vakansie hou op ’n kampeerterrein aan die noordkus van KwaZulu-Natal het Dinsdagaand wakker geword van rowerkoeëls wat hul woonwaens deurboor het.

’n Veiligheidswag is in die been geskiet en die rowers het met selfone, kameras en duisende rande weggekom.

Volgens Willie Maartens (40) van Roodepoort kampeer hy en familielede sedert Saterdag in drie woonwaens en verskeie tente op die Gwala-gwala-kampeerterrein in die St. Lucia-moeraslandreservaat.

Die drie gesinne het almal Dinsdagoggend lê en slaap toe hulle omstreeks 00:15 wakker word van skote.

“Dit het twee van ons woonwaens deurboor. Die wagte het op die rowers afgekom wat besig was om ons motors te plunder en ’n skietery het ontstaan.”

Daar was vermoedelik drie rowers.

Volgens Maartens is dit “net genade” dat niemand in sy familie beseer of dood is nie.

“As van die mense aan die ander kant van hul woonwa lê en slaap het, was hulle dood. Die woonwaens is deurboor.

“Dis aaklig om só iets oor te kom terwyl jy eintlik net wil ontspan en wegkom van alles.”

Hulle het ook patroondoppies in die tent gevind waar van die kinders lê en geslaap het.

“Die kinders is ontsteld, maar ek dink hul ma’s is selfs meer getraumatiseer.”

Die rowers het vermoedelik by van die woonwaens ingebreek, motorsleutels gesteel en toe begin om die motors leeg te dra.

Dit was tóé dat die kamp se twee veiligheidswagte op hulle afgekom het.

Thulani Bruce Mbonambi, kampbestuurder, het die voorval bevestig.

Volgens hom is die veiligheidswag se enkel gebreek weens die koeël se impak, maar hy is buite gevaar in ’n plaaslike hospitaal.

Mbonambi het gesê hy werk al sedert 1999 by die oord.

“So iets het nog nooit hier gebeur nie. Inbrake en diefstal wel, maar dit is die eerste keer dat geskiet is. Ek is ontsteld en geskok.”

Maartens het gesê die polisie was gou ná die voorval op die toneel.

Die groep het besluit om nie hul vakansie kort te knip nie. “Hierdie is immers Suid-Afrika!” het Maartens gister spottend aan Beeld gesê.

“Waarheen sal ons dan nou gaan? Dis nie asof dit tuis veiliger is nie!”

’n Polisiewoordvoerder kon nie gisteraand vir kommentaar bereik word nie.
 

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdaad  |  skietery

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Riekie sê... DIE MAAK MENS HAAT MET 'N PASSIE!!!!!! Dit maak my so be..k om soiets te lees en te hoor. Dis way way WAY past menslikheid. Ek dan skreeu die onnosele idiotiese ongeletterde comerates oor dinge soos 'n verdomde skildery terwyl die wat vir ons dierbaar is vermoor word regom hulle en nie 'n vinger word gelig om daadwerklik op te tree nie. MAG DIE WAT VERANTWOORDELIK IS HIERVOOR IN DIE HEL BRAND!!!!!!!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8 EXECUTIVE AT
1999
R 79,990.00

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2003
R 101,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2006
R 104,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.