Skoonmaker gee R113 000 terug

2010-07-14 09:31
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Baie verligte Nederlandse toeris wat $15 000 (sowat R113 000) in ’n hotelkamer in Limpopo vergeet het, het dit alles danksy ’n eerlike skoonmaker teruggekry.

Volgens Simon Sutherland, bestuurder van die Park Protea-hotel in Mokopane (Potgietersrus), het die toeris, wat nie sy naam genoem wil hê nie, die naweek saam met sy gesin daar oorgebly.

Hy was in die land vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi en het die kontant, gelykstaande aan sowat R113 000, onder ’n Bybel in hul hotelkamer vergeet.

Toe Geneva Ramashita, die skoonmaker, die hoop Amerikaanse dollarnote ontdek, het sy dit aan haar toesighouer, Bridgete Msane, gaan oorhandig.

Msane het dit dadelik vir Sutherland gegee, wat “uit die veld geslaan” was oor dié reuse-bedrag kontant.

“Ons het gesien dit lyk eg en dit in die kluis gaan bêre. Enkele ure later het die toeris by die hotel opgedaag en paniekerig gesê hy het iets in sy kamer vergeet.

“Hy was baie bly om te hoor Geneva het sy geld gevind en het haar $300 (sowat R2 270) as beloning gegee.”

Sutherland het gesê die man was amper in Johannesburg toe hy agterkom hy het nie die geld by hom nie. Hy het omgedraai en teruggery.

Volgens Sutherland het die toeris gesê hy het sy besoek aan Suid-Afrika baie geniet en dat hy beslis weer sou terugkeer.

“Die geld wat hy teruggevind het, het die kroon gespan op ’n vakansie wat hy as ongelooflik beskryf het.”

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: toeriste  |  2010

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Blapsie is nie in die "aan" posisie vanoggend nie - eerste koffie voor jy clevah kan wees ou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.