Skoolverkragting: Klagtes glo nie teruggetrek
2010-11-10 15:44
Johannesburg – Die klagtes teen die twee skoolseuns wat na bewering ‘n Johannesburgse skoolmeisie verkrag het, is nie teruggetrek nie.
Berigte dat die klagtes teen dié seuns teruggetrek is, is onwaar, het die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid Woensdag gesê.
“Die behoefte om te verseker dat geregtigheid geskiet, is baie belangrik, het die LUR van veiligheid, Faith Mazibuko, aan joernaliste in Johannesburg gesê.
Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag gesê dat die klagtes teen die seuns, wat onderskeidelik 14 en 16 jaar oud is, teruggetrek is omdat daar nie genoeg bewyse was nie.
Drie seuns het ’n 15-jarige meisie van Soweto na bewering om die beurt op die sportterrein van ’n Johannesburgse skool verkrag terwyl ander kinders selfoonfoto’s en -video’s daarvan geneem het.
Die meisie het net twee seuns geïdentifiseer. Hulle is Maandag in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA