Skoolseun val op nek in stormloop
2011-02-10 18:57
Kaapstad – ‘n Bolandse seun is in die hospitaal opgeneem nadat hy 1.5 meter ver op sy nek en rug geval het tydens ‘n stormloop by die Coetzenburg-stadion in Stellenbosch.
Sestien ander skoolkinders is ook in die voorval beseer.
Die meeste van die leerlinge het ligte beserings soos verstuite enkels opgedoen, het André Visser, woordvoerder van ER24, gesê.
Die seun wat in die hospitaal opgeneem is, het egter volgens Visser tot op sy nek en rug geval.
Honderde leerlinge het ‘n interskole-atletiekbyeenkoms in dié stadion bygewoon toe iemand ‘n traangas-blikkie by die pawiljoen ingegooi het. Die leerlinge was glo besig om hul skole se spanne aan te moedig toe die voorval plaasgevind het.
Die leerlinge het in paniek gevlug. Dit het tot ‘n stormloop gelei.
Agt Bolandse skole het aan die byeenkoms deelgeneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24