Skoolseun beseer ná motor hom tref
2011-02-23 13:59
Oos-Kaap – 'n 18-jarige seun is ernstig beseer nadat 'n motor hom op pad skool toe gestamp het, het die polisie in die Oos-Kaap Woensdag gesê.
Die seun was op pad na die Msobomvo Senior Sekondêre Skool in Zizamele, Butterworth, toe 'n motor hom omstreeks 06:45 tref, het kapt. Jackson Manatha gesê.
Hy het ernstige beserings aan sy bene opgedoen en is na die Butterworth-hospitaal geneem.
Ná dié botsing, het die bestuurder van die motor beheer verloor en in 'n sloot beland.
Die vroulike bestuurder het ligte beserings opgedoen en is ook hospitaal toe geneem.
Die polisie ondersoek 'n saak van roekelose en nalatige bestuur.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA