Skoolseksvideo is onwettig

2010-11-21 10:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê hy sal mense vervolg wat ’n selfoonvideo-opname van die seksvoorval by die Jules High School het, dit versprei of verkoop.

Hierdie opnames is kinderpornografie wat kragtens die Wet op Rolprente en Publikasies onwettig is.
Die polisie het reeds met ’n ondersoek begin.

“Dit is ’n oortreding om die video’s te hê en die polisie sal hulle in hegtenis neem,” sê Mthuzi Mhaga, woordvoerder van die NVG.

Die vervolgingsgesag het die afgelope week sy besluit verdedig om drie leerlinge te vervolg wie se beweerde seksuele aktiwiteite vroeër vandeesmaand op die skoolterrein deur ander leerlinge op selfone vasgelê is en toe op die internet te koop aangebied is.

Die 15-jarige meisie en 14-jarige seun is aangekla van “seksuele penetrasie met instemming met ’n kind” kragtens die Wet op Seksuele Oortredings en die 16-jarige seun is van statutêre verkragting aangekla.

Adv. Xoli Khanyile, waarnemende direkteur van openbare vervolging in Johannesburg, het Vrydag gesê: “Dit is nie net ’n gewone saak nie. Daar is wyd daaroor berig.

“Kinders se seksuele bedrywighede vind gewoonlik in privaatheid plaas. Hier was dit in die openbaar, op ’n skoolterrein, voor ander kinders.

“En die kinders het selfoonvideo’s geneem en dit versprei.”

Die meisie het eers beweer sy was die slagoffer van ’n groepverkragting. Die polisie het die seuns in hegtenis geneem, maar die NVG het die klagte teruggetrek.

Nadat die seuns, die meisie en ander getuies lank ondervra is, het dit duidelik geword “hierdie was nie ’n groepverkragtingsaak nie.

“Ons het besluit om voort te gaan weens die erns van die saak.”

Khanyile het mediaberigte veroordeel waarin beso  nderhede gepubliseer is oor wat in camera in die hof gebeur het, soos dat die meisie sou gesê het die seks was met haar instemming.

“Ons sal nie ontken of bevestig dat die meisie skuld beken het nie.”

Sy het wel gesê die meisie is “nie gemaklik en ontspanne genoeg om in die teenwoordigheid van die twee seuns te wees nie” en daarom sal hul sake op 1 Desember afsonderlik aangehoor word.

Nthabiseng Mokoena, senior staatsaanklaer, het aan Rapport se susterkoerant City Press gesê die klagte teen die drie is nog nie teruggetrek nie.

Die vervolgingspan het gevra dat die landdros eers ’n ondersoek doen en dat die saak afgewentel word.

“Afwenteling” beteken kinders word nie verhoor nie en hulle kry ook nie ’n strafrekord as hulle skuldig bevind word nie.
Hulle moet dan ’n geskikte afwentelingsprogram bywoon.

Carien Kruger berig die sentrum vir gemeenskapsreg by die Universiteit van Wes-Kaapland het ’n beroep op die owerhede gedoen om wetgewing te hersien waarkragtens seks met kinders jonger as 16 jaar selfs met instemming onwettig is.

Die kriminalisering van tienerseks gaan nie seksuele gedrag tussen jong mense verander nie, sê me. Samantha Waterhouse, parlementêre programkoördineerder van die sentrum.

Sy sê breër maatskaplike voorkomingsprogramme sal beter werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Blapsie is nie in die "aan" posisie vanoggend nie - eerste koffie voor jy clevah kan wees ou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.