Skoolmeisie sterf in ongeluk
2010-05-15 18:21
Johannesburg – ‘n Skoolmeisie in Durban is dood nadat sy deur ‘n motor getref was, het paramedici Saterdag gesê.
Volgens Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk Vrydagmiddag in Umlazi plaasgevind.
“Die vier passasiers in die motor is ernstig beseer nadat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Die motor het teen ‘n sypaadjie vasgery en die skoolmeisie getref waar sy vir haar bus gewag het.”
Die meisie is op die toneel doodverklaar.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.