Skoolmeisie se lyk gevind
2010-10-20 16:23
Johannesburg – ‘n 15-jarige skoolmeisie se lyk is in die bosse naby ‘n hoërskool in Edendale gevind, het KwaZulu-Natalse paramedici Woensdag gesê.
Die meisie se lyk is Woensdagmiddag deur ‘n verbyganger in die Caluza-nedersetting gevind, het Derrick Banks van ER24 gesê.
Sy het verskeie steekwonde gehad en is op die toneel dood verklaar. Dit was nog nie bekend of die meisie ‘n leerder was van die skool waar naby sy gevind is nie.
Polisie was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA