Skoolmeisie ontvoer, verkrag

2011-10-31 07:00
Tweets Share Share line Print

Port Elizabeth – “Hoe kon niemand sien wat gebeur het nie?” het ’n verslae Baaise pa gevra nadat ’n man sy 16-jarige dogter Vrydagmiddag in Kaapweg oorval en met ’n vuurwapen in sy motor gedwing het.

“Daarna het hy haar geblinddoek, ’n klomp pille en ’n wit poeier in haar mond gedruk en toe haar mond met kleefband toegeplak. Hy het haar selfoon afgeskakel en met haar na ’n onbekende plek gejaag. Daar het hy haar verkrag.”

Sondag het die meisie se ma gesê haar dogter slaap die hele tyd. “En sy huil baie. Sy praat nog deurmekaar. Die dokter het gesê sy het verskriklik baie van die pille ingekry. Ons wag nog vir die uitslag van die bloedtoetse om te hoor of dit dwelms of medisyne was.”

Die tienermeisie het ook inwendige beserings ten tyde van die verkragting opgedoen.

Haar pa het gesê: “Ná alles kan ek nou verstaan hoekom vroue nie na vore kom en sê hulle is verkrag nie. Die behandeling wat jy ná só ’n voorval kry, is ekstra trauma by alles waardeur jy reeds was.”

Hy verwys na die beweerde swak behandeling by die Dora Nginza-verkragtingseenheid in die Dora Nginza-hospitaal waaroor hy oorweeg om ’n klag by die Menseregtekommissie aanhangig te maak.

Hul dogter het omstreeks 13:15 op die sypaadjie naby KFC in Newtonpark na haar pa se werkplek gestap toe ’n donker man, met tatoeëermerke en goue kettings om die nek, stadiger by haar gery en vanuit sy rooi Golf beduie het sy moet nader kom, het haar ma vertel.

“Sy het vinniger aangestap, toe trek hy sy motor by die bushalte in, volg haar, druk ’n vuurwapen teen haar lyf en sê sy moet in die kar klim of hy skiet haar.”

Die meisie se pa bly ’n rukkie stil om sy emosies onder bedwang te kry. “Toe hy klaar was, het hy haar aangetrek soos sy gelyk het toe sy uit die skool gestap het. Hy het selfs haar skool se sweetpakbaadjie weer aangetrek.”

Hierna – omstreeks 16:30 – het hy met haar na Kaapweg gery waar hy voor die Spur “haar selfoon weer aangesit, haar boeksak teruggegee en haar toe uit die motor gestamp het”.

Daarna het hy weggejaag.

En weer vra die meisie se pa: “Het niemand dan gesien nie?”

Die erg bedwelmde meisie kon daarin slaag om haar vriend te bel. Voor dié oproep het haar ouers, vriende en familie na haar begin soek. “Die gewoonte is dat ek haar altyd kort ná 14:00, wanneer sy van die skool af na my begin stap, bel. Maar Vrydag het die skool weens die busstaking al 13:00 uitgekom. Toe ek oudergewoonte net ná 14:00 bel, was haar foon af.”

Die verkragter is nog op vrye voet. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: ontvoerings  |  verkragtings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Blapsie is nie in die "aan" posisie vanoggend nie - eerste koffie voor jy clevah kan wees ou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.