Skoolmeisie (14) verkrag
2010-02-06 01:07
Johannesburg – ‘n 14-jarige meisie wat op pad skool toe was in Dutywa is Vrydagoggend verkrag, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Volgens kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het die meisie omstreeks 06:30 na haar skool gestap toe ‘n man haar glo begin jaag het.
“Die verdagte het vermoedelik geweet dat die meisie alleen sou stap. Hy het haar glo verkrag en toe gevlug. Die saak is dadelik by die polisie aangemeld,” het Manatha gesê.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
– Sapa