Skoolmaats onthou Kotzé as 'doodgewoon'

2012-01-22 08:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die “Modimolle-monster” was ’n doodgewone kind wat in ’n “goeie huis” grootgeword het.

So sê mense wat saam met Johan Kotzé aan die Hoërskool Wennie du Plessis in Gobabis, Namibië, skoolgegaan het.

Kotzé se enigste oorlewende familielede, sy susters Anita Engelbrecht en Carina van de Venter, staan by hom ondanks sy beweerde gruweldade.

“Ek is Johan Kotzé se sussie en gee nie om wie dit weet nie. Ek is nie skaam vir hom nie,” skryf Engelbrecht op Facebook.

Sy sê sy is steeds lief vir hom.

“Jy sal saam met ons aan die tafel in die hemel sit. Ek weet God sal jou red. Here, wees asseblief al die veroordelaars genadig, hulle weet nie wat hulle doen nie. Help asseblief dat hulle nie die hemel mis weens dit nie,” skryf sy.

Thinus Maritz sê uit Kaapstad hy was 13 jaar oud toe hy Kotzé en sy gesin op die plaas Vasbyt leer ken het.

Maritz sê hy kon nie fout in Kotzé se huishouding sien nie, maar onthou dat Kotzé aangeneem is deur oom Jan Kotzé en sy vrou, tannie ­Dora.

Rapport verneem Kotzé se biologiese ouers is oorlede toe hy baie jonk was en dat ’n vrou op Hentiesbaai hom versorg het totdat hy aangeneem is.

Maritz sê Kotzé se aangenome pa, ’n boer, was “soos enige ander pa” en sy aanneem-ma se hande het “vir niks verkeerd gestaan” nie.

“In die huis self was daar geen tekort nie. Anita, Kotzé se jonger suster, het selfs ’n nuwe Lowry-orrel gehad,” sê Maritz.

Herman Strauss van Boksburg sê hy en Kotzé was van 1974 tot 1979 saam in die koshuis en op skool in Gobabis.

“Hy was maar ’n doodgewone kind soos almal, met stoute streke, baie lag en speel. Ons was nog net kinders wat in daardie tyd op ’n konserwatiewe, Godvresende wyse grootgemaak is.

“Waar dit skeefgeloop het, weet ek nie,” sê Strauss.

Die Kotzés het later na Prieska in die Noord-Kaap verhuis.

’n Gesinsvriend hier het aan Huisgenoot gesê Kotzé was ’n omstrede ­figuur op die dorp en die meeste mense het glo niks goed oor hom te sê nie.

Kotzé, wat die balju was, is destyds van moord aangekla, maar vrygespreek.

Dit hou verband met die skietdood van Bet Botha (64).

Kotzé se susters het op Facebook hul steun vir hom uitgespreek en het ook mense bedank vir hul meegevoel op die Facebook-blad van die Hoërskool Wennie du Plessis.

“Niemand wat nie self in sulke omstandighede is, sal weet wat dit is om daar te wees nie, en die slegste van alles is dat mens absoluut geen beheer daaroor het nie,” skryf Van de Venter.

Kotzé staan tereg op 17 aanklagte van onder meer moord en verkragting nadat hy op 3 Januarie sy vervreemde vrou, Ina Bonnette (42), glo na sy huurhuis in Modimolle (Nylstroom) gelok het waar sy deur drie van sy werkers verkrag is.

Kotzé het haar daarna glo ure lank gemartel voordat hy na bewering haar seun, Conrad (19), doodgeskiet het.

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: johan kotzé  |  modimolle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
38 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Blapsie is nie in die "aan" posisie vanoggend nie - eerste koffie voor jy clevah kan wees ou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.