Skoolkinders tydens plofstof-demonstrasie beseer
2011-09-23 22:12
Bloemfontein – Vier skoolmeisies is beseer tydens ‘n plofstof-demonstrasie wat deur die plaaslike polisiemag by hulle skool aangebied is.
Die demonstrasie was deel van loopbaandag by die Academy of Learning in Batho, Bloemfontein.
Volgens kaptein Rulene Kuhn het ‘n houer vol plofstof afgegaan.
Die area waar die demonstrasie gehou is was wel afgesper, maar volgens Kuhn het die houer met plofstof in, wat eenkant gestaan het, aan die brand geraak en ontplof.
Vier laerskoolkinders het op die toneel behandeling ontvang waarna hulle na die Pelonomi-hospitaal geneem is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA