Skoolkinders saai amok buite landroshof
2010-03-17 19:32
Johannesburg – Die situasie buite die Protea Landroshof in Soweto waar Molemo Maarohanye, beter bekend as Jub Jub, en Themba Tshabalal verhoor word, het uiteindelik kalmeer, berig News24
Maarohanye en Tshabalala het vandag op van strafbare manslag, roekelose of nalatige bestuur en bestuur onder die invloed van dwelms in die Protea-landdroshof verskyn.
Tshabalala word ook van dronkbestuur aangekla.
“Skoolkinders het chaos veroorsaak buite die hof en die polisie was genoodsaak om rubberkoeëls te skiet,” het Govidsamy Mariemuthoo, polisiewoordvoerder, aan News24 gesê.
Die rumoerige skoolkinders het blykbaar oor privaat huise langs die hof se mure gespring.
Polisiemanne het stelling ingeneem voor die hof en rubberkoeëls na die kinders geskiet.
Meeste van die skoolkinders het twee-uur se kant die toneel verlaat, maar baie van hulle, party nog in hul skooluniforms, het agtergebly en die polisiemanne met klippe bestook.
Geen beserings is aangemeld nie.
Kliek hier vir die volledige storie.