Skoolkind sterf toe bakkie rol
2011-03-04 20:00
Johannesburg – ‘n 14-jarige meisie is dood en ses kinders beseer toe die bakkie waarin hulle gery het Vrydag in Butterworth omgeslaan het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
“Na bewering het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor. Die bakkie het verskeie kere gerol en die meisie het op slag gesterf,” het kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, gesê.
Die bakkie is glo gebruik om skryfbehoeftes by ‘n skool af te lewer toe die bestuurder ‘n saamrygeleentheid aan agt leerlinge aangebied het.
Na bewering was die kinders onder weg na hulle huise in die Zibityolo-informele nedersetting.
“Die beseerde leerlinge is na die Butterworth-hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA