Skoolhoof verloor verkragting-appèl
2010-12-08 13:35
Die Gautengse onderwysdepartement het daarin geslaag om die afdanking van ‘n skoolhoof van Heidelberg weens verkragting en onsedelike aanranding te verdedig.
“Mnr. (Marthinus Johannes) Botha se saak is deur die raad op arbeidsverhoudinge in die onderwys (ELRC) verwerp en sy afdanking bly geldig,” het die departement se woordvoerder, Charles Phahlane, in ‘n verklaring gesê.
Botha, voorheen skoolhoof van die Hoër Volkskool in Heidelberg, is op 16 September 2009 skuldig bevind en op 1 Oktober geskors.
Die hofsaak het sedert 2002 geduur.
"Die departement sal alles doen om die veiligheid van ons leerlinge te verseker."
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA