Skoolhoof van verkragting aangekla
2012-02-21 13:04
Johannesburg – ‘n Skoolhoof van Limpopo is in hegtenis geneem ná hy na bewering ‘n laerskoolleerling verkrag het, het ‘n koerant berig.
Die hoof het na bewering seks met die 13-jarige meisie op die agtersitplek van sy motor op ‘n pad naby Thohoyandou gehad, het die Sowetan berig.
Die meisie se tante sê die kind het erken sy het seks met die hoof gehad ná ‘n “katgeveg” met ‘n maat.
“Ek het eers besef dat alles nie reg is nie nadat die slagoffer ‘n katgeveg met haar maat oor die skoolhoof gehad het,” het die tante aan die koerant gesê.
“Toe ek hulle vra hoekom hulle baklei, het die maat vir my gesê die slagoffer het haar daarvan beskuldig dat sy met die hoof uitgaan terwyl sy geweet het die hoof het aan haar behoort.”
Die meisie het aan haar tante gesê dat sy sedert verlede jaar seks met die hoof gehad het toe sy in graad 7 by die skool was. Sy is nou by ‘n ander skool.
Volgens die koerant is die skoolhoof Sondag in hegtenis geneem. Hy sal op 28 Februarie in die hof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA