Skoolhoof skuldig aan verkragting

2009-09-17 08:12
Tweets Share Share line Print

Wolfram Zweckler

Die hoof van die Volkskool Heidelberg aan die Oos-Rand is gister skuldig bevind aan die verkragting van ’n matriekmeisie 24 jaar gelede.

Landdros Ian Cox het Theuns Botha gister in die landdroshof in Benoni ook skuldig bevind aan ses aanklagte van onsedelike aanranding.

Die verkragtingsaak dateer van September 1985 toe Botha ’n matriekmeisie aan die Hoërskool Vanderbijlpark in sy slaapkamer verkrag het.

Sy het ook gekla dat hy haar voor dié voorval vier keer onsedelik aangerand het.

Botha het in sy getuienis die meisie “as deel van die gesin” bestempel. Hy was toe ’n departementshoof by die meisie se skool.

Die ander twee aanklagte van onsedelike aanranding dateer van September 1991 by die Potchefstroomse Volkskool toe hy ’n matriekmeisie onder meer teen hom vasgedruk en bo haar bors­te gesoen het. Hy was toe adjunkhoof van die skool.

Die twee klaagsters het klagte ingedien nadat Rapport in 1998 oor Botha in ’n ander strafregtelike saak geskryf het en die polisie die publiek om inligting gevra het.

Botha het op 25 April 2003 skuld op al die aanklagte ontken.

Die saak is daarna telkens uitgestel, onder meer omdat Botha vier keer sy regspan verander het en omdat onder meer ’n aansoek om die ontslag van die voorsittende landdros tot in die appèlhof gedraai het.

Cox het gister in sy uitspraak gesê dat die getuienis van die twee klaagsters in wese aanvaarbaar en korrek sou wees, terwyl daar wesenlike foute en teenstrydighede in Botha se getuienis was. Oor waarom sy die klagte teen Botha so laat ingedien het, het een van die klaagsters getuig dat sy bang was dat niemand haar sou glo nie.

“Wie sou my geglo het, dis die woord van ’n kind teen dié van die onderwyser. Jy kan dit aan niemand vertel nie.”

Haar huwelik het ná ’n jaar en vyf maande, volgens haar weens die verkragting, op die rotse geloop, maar sy was bereid om deur die trauma van ’n hofsaak te gaan “om kinders te help wat nie kan praat nie”.

Botha het getuig die rede vir die klagte was dat een van die klaagsters “’n gemors van haar lewe gemaak het” en die ander een hom “wou terugkry oor destydse gerugte dat die klaagster en ’n ander onderwyser ’n verhouding gehad het en hy dit wou stop”. Dié getuienis is verwerp.

Geen van die klaagsters was gister in die hof nie.

Botha is op borgtog vrygelaat en gaan op 29 Oktober gevonnis word.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Blapsie is nie in die "aan" posisie vanoggend nie - eerste koffie voor jy clevah kan wees ou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.