Skoolhoof skiet vrou, homself
2010-08-15 13:51
Johannesburg - Die hoof van 'n hoërskool van Ndabakazi in die Oos-Kaap het sy vrou vermoor en is later self dood gevind met 'n skietwond.
Die 29-jarige vrou het blykbaar haar man (40) Saterdagaand besoek, het polisiewoordvoerder Kaptein Jackson Manatha gesê.
Die paartjie het 'n argument gehad. Die man het die vrou vier keer in die bolyf geskiet en met haar in 'n motor weggery.
Mense wat naby was, het agter hulle aangejaag en uiteindelik by die vrou uitgekom. Sy het erg gebloei, maar kon nog praat en het gevra dat hulle haar hospitaal toe neem. Sy het later in die hospitaal beswyk.
- SAPA