Skoolhoof laat hond glo weggooi

2010-02-09 07:46
Tweets Share Share line Print

Mishack Matlou, ’n inspekteur by die Tshwane-DBV, met die boerboel wat hy gister in bosse naby die Kutlwano Primary School in Brits gekry het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Die Brits-polisiekantoor ondersoek ’n klag van dieremishandeling nadat ’n skoolhoof agt skoolseuns glo beveel het om ’n uitgeteerde boerboel wat in ’n klaskamer gaan skuil het in ’n bos te gaan weggooi.

Die Tshwane-Dierebeskermingsvereniging (DBV) het die hond later van kant gemaak om hom uit sy lyding te verlos.

Die hond het glo skuiling in ’n klaskamer by die Kutlwano Primary School in Brits gaan soek.

Mishack Matlou, ’n inspekteur by die DBV, was gister aan diens in Ga-Rankuwa, noordwes van Pretoria, toe ’n onderwyser van die skool hom gebel en van die “siek hond” vertel het.

Toe hy daar kom, het ’n onderwyser hom meegedeel dat die hoof die skoolseuns beveel het om die hond van die skoolterrein te verwyder. Die seuns het die hond na ’n veld naby die skool gedra, het Matlou in ’n verklaring gesê.

Matlou is saam met die seuns na die veld waar hulle na die hond gesoek het, maar hulle kon hom nie opspoor nie.

Die seuns is later terug skool toe. Matlou het teruggekeer na die veld waar hy weer na die hond gesoek het totdat hy hom opgespoor het.

Hy het met die dier na die DBV in Pretoria gejaag. ’n Veearts het bevind die hond is erg uitgeteer, vuil en oortrek van vullis en vlooie.

Die hond was uitgeteer, het ’n wond agter een van sy bene gehad en kon nie behoorlik staan nie.

Dr. Riana Rosslee, die veearts, het gesê die hond moes van kant gemaak word om sy lyding te beëindig.

“Leerlinge moet geleer word hoe om diere met vriendelikheid te behandel. Die verdagte moes ’n voorbeeld vir die leerlinge gestel het,” het Matlou gesê.

Rick Allan, besturende direkteur van die Tshwane-DBV, het gesê hulle sal die saak tot in die hof volg. Dié soort dieremishandeling kan nie geduld word nie, het hy gesê.

’n Polisiewoordvoerder het gesê niemand is nog in verband met die voorval gearresteer nie.

- Beeld

Lees meer oor: kinders  |  diere

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Blapsie is nie in die "aan" posisie vanoggend nie - eerste koffie voor jy clevah kan wees ou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.