Skoolhoof gryp kind glo aan die keel

2011-06-07 09:14
Tweets Share Share line Print

Polokwane – Die ouma van ’n tienjarige seun het ’n klag van aanranding by die polisie ingedien nadat sy skoolhoof hom glo aan die keel gegryp en gedreig het om hom dood te maak.

Jenny Taljaard, wat na haar kleinseun Guvani omsien, het gesê sy het hom en die ander kinders in haar sorg uit die Laerskool Leeupoort in Limpopo gehaal omdat sy die gedrag van die hoof, wat net as mnr. Lebelo bekend staan, onaanvaarbaar vind.

“Ek is baie ontsteld. Ek dink nie ’n mens kan jou kind in ’n skool los as hy met die dood gedreig word nie.”

Volgens Taljaard was die voorval op Woensdag 25 Mei.

Sy is ontbied en het glo dadelik die merke aan Guvani se nek gesien.

Sy wou die saak onmiddellik aanmeld en ’n klag indien, maar die polisie was besig en sy kon dit eers die Sondag daarna doen.

Taljaard het gesê dit is nie die eerste keer wat sy probleme met die skool het nie. Volgens haar is daar gereeld ’n bakleiery en probleme met boelies.

In ’n vorige voorval is Guvani beseer en sy oortrom het gebars.

Volgens Taljaard het sy hoeveel vergaderings met die skool ná die voorval gehad sonder dat iets gebeur het.

Sy het ook beweer die brief wat sy na Lebelo in dié verband gestuur het, is deur hom opgeskeur.

Lebelo wou glad nie kommentaar lewer of sy voornaam bekend maak nie. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: kindermishandeling

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Blapsie is nie in die "aan" posisie vanoggend nie - eerste koffie voor jy clevah kan wees ou Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Micra 1.5 DCi Tekna 3-dr Dsl
2007
R 109,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.