Hoof by skool beroof
2010-10-26 20:19
Durban – ‘n Skoolhoof is Dinsdag by sy skool in Umlazi se H-deel naby Durban van geld beroof, het die KwaZulu-Natal se departement van onderwys gesê.
“Velabahleke Hoërskool se hoof, Mbongeni Mtshali, is met ‘n vuurwapen aangehou en van ‘n onbekende hoeveelheid geld beroof nadat hy die skoolgronde binnegegaan het,” het die departement in ’n verklaring gesê.
Die boewe het ‘n onbekende hoeveelheid geld geneem wat die hoof sou gebruik het om sy personeel se salarisse mee te betaal.
“Die rowers het ook ‘n selfoon wat aan ‘n ander personeellid, wat tydens die voorval saam met die skoolhoof was, geneem. Hulle het ook ander persoonlike items wat aan die skoolhoof behoort het geneem.”
Leerlinge en onderwysers was in die klaskamers tydens die voorval.
Die LUR vir onderwys, Senzo Mchuny, het die misdaad veroordeel.
“Hierdie voorval het op ‘n baie kritieke tyd gebeur terwyl leerders hul finale matriekeksamens skryf en Velabahleka is een van ons top presterende skole.” Het hy gesê.
Die departement was bekommerd dat skole toenemend besig was om sagte teikens vir rowers te word.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA