Skool verbied kinders om drukkies te gee

2011-10-01 10:24
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Kaapse laerskool het sover vasgestel kon word die eerste skool in die land geword wat leerlinge verbied om mekaar in skooltyd op die skoolterrein drukkies van watter aard ook al te gee.

Elaine Kesten, hoof van die Laerskool Wolraad Woltemade in Bothasig, het ook speletjies met balle tydens pouses verbied.

In albei gevalle geld die verbod net vir leerlinge in gr. 5, gr. 6 en gr. 7.

Kesten se opdragte het ’n kwaai openbare debat tussen ouers en die skool veroorsaak, wat nou meegebring het dat die hele aangeleentheid na die skool se beheerliggaam verwys is.

’n Woordvoerder van die skool het Vrydag bevestig dat die drukkiesverbod en die balspelverbod steeds van krag is. Kesten was nie vir kommentaar beskikbaar nie omdat sy eers ná die beheerliggaam se besluit daaroor sal praat.

Die gemeenskapskoerant Tabletalk, wat in die skool se gebied versprei word, het berig dat ­Kesten gesê het sy moes optree oor kinders wat mekaar “druk” – of dit nou ’n meisie met ’n meisie of ’n meisie met ’n seun is – omdat daar te veel gevalle voorkom waar sulke “drukkies” ontaard in situasies waar die kinders “onbehoorlik teen mekaar vryf en druk” of “onbehoorlik aan mekaar vat”.

Sy beskou dit as haar plig om alle kinders teen sulke gedrag te beskerm en daarom is selfs onskuldige drukkies ook nou verbode.

Wat balspeletjies betref, is dit verbied omdat die kinders mekaar kan seermaak of omdat hulle aan die baklei kan raak. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: onderwys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
60 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.