Skool van 40 rekenaars beroof
2011-06-09 21:03
Johannesburg – Diewe het 40 rekenaars, 12 MacBooks en digitale kameras uit die rekenaarlokaal van die Hërskool Unity in Daveyton gesteel, het die skool Donderdag gesê.
Wandi Mkhubu, woordvoerder, het gesê ipods en digitale videokameras is ook Dinsdagaand gesteel.
Volgens die polisie in Daveyton se woordvoerder, kapt. Alfred Nakana, is die skool se omheining en die twee veiligheidshekke by die rekenaarlokaal oopgesny.
Die skool se veiligheidswag het beweer hy het aan diens daardie aand aan die slaap geraak.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA