Skool sluit deure weens waternood

2010-10-20 10:05
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Steynsrus – Die Gekombineerde Skool Steynsrus met sy meer as 500 leerlinge moes gister noodgedwonge sy deure sluit weens ’n waternood wat dié dorp reeds twee weke lank verlam.

Die skool se twee koshuise, met 120 leerlinge elk, kon nie ’n minuut langer sonder water funk- sioneer nie.

Baie koshuiskinders het reeds siek geword. Toilette is verstop en wasgoed kan nie gewas word nie.

Danie van Schalkwyk, skoolhoof, het Dinsdag bevestig die skool is tot 31 Oktober gesluit.

Die laaste naweek van Oktober is die kinders se uitnaweek.

“Omdat hulle dan terugkeer, en ons hoop Steynsrus het teen daardie tyd weer water, het ons besluit om die skool tot 31 Oktober te sluit,” sê Van Schalkwyk.

Hy sê die Vrystaatse onderwysdepartement het toestemming gegee om tot dié drastiese stap oor te gaan.

“Die skool is egter nie vir die gr.12’s gesluit nie. Hulle begin oor ’n paar dae met eksamen. Die onderwysers sal ook elke dag op hul pos by die skool wees.”

Van Schalkwyk sê in ouerbriewe is dit duidelik gestel die verlore skoolwerk sál ingehaal word.

“Ons gaan nie dat opvoeding agterweë bly nie,” verseker hy.

Boere en ander hulpvaardiges het tot dusver water aangery na die koshuise en die Moqhaka-munisipaliteit verskaf wel ’n bietjie water in tenks, maar dit was nie genoeg nie.

“Die water wat die munisipaliteit verlede naweek verskaf het, het soos rivierwater gelyk. Jy kan nie eens jou voete daarin was nie.”

Van Schalkwyk sê die waterkrisis op Steynsrus is “uit en uit weens swak beplanning”.

Dr. Albé Viljoen, raadslid en woordvoerder van die DA-koukus op Kroonstad, het gister gesê Steynsrus se damwal het die vorige reënseisoen gebreek en geen water kon uit die Valsrivier in die dam geberg word nie.

“Hoewel die damwal in April herstel is, het die munisipaliteit sy plig versuim om water na die dam te pomp,” sê Viljoen.

“Die munisipaliteit ry blykbaar ongeveer 20000 liter water per dag in tenks aan, maar nie al die inwoners is hiervan bewus nie.

“Diegene wat wel water in die tenks kry, kla die watertenks is vuil en die water nie geskik vir gebruik nie.”

Viljoen sê boorgate op Steynsrus wat veronderstel is om in krisistye water aan die publiek te verskaf, is buite werking omdat dit ook skynbaar nie in stand gehou word nie.

Mnr. Mcedisi Mqwathi, munisipale bestuurder, sê dié dorp sit met ’n reuse-wasterprobleem omdat die Valsrivier, waaruit water glo in die opgaardam buite Steynsrus gepomp word, se watervlak baie laag is.

Hy sê dié dam word voortdurend droër weens die hoë temperature.

Nadat die DA nou ingryping bepleit het, is alle oë gerig op mnr. M.J. Zwane, die LUR vir samewerkende regering, tradisionele leierskap en huisvestiging, oor die krisis op Steynsrus.

- Volksblad

Lees meer oor: skole  |  water

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

ederik.kritzinger sê... Die subsidie sal maak dat klein maatskappytjies wat nie die duur vakbonds lone kan bekostig nie hulle in diens sal kan neem. Daar sal dus meer poste beskikbaar wees vir die wat wel wil werk en werk soek. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.