Skool sê ma nie van ‘verkragting’

2010-11-14 07:23
Tweets Share Share line Print

Rapport

’n Enkelma wie se 14-jarige dogter glo deur ’n 19-jarige matriekleerling verkrag is, is woedend dat die Hoër Landbouskool in Jacobsdal haar nooit van die voorval in kennis gestel het nie.

Sy is eers die dag ná die skool daarvan te hore gekom het deur die polisie ingelig.

Die verdagte is ’n lid van die skool se eerste rugbyspan en skryf tans sy matriekeksamen.

“Die skool het eers sy ouers en die polisie in kennis gestel en toe die polisie gevra om my te kontak,” sê die ma Saterdag aan Rapport.

“My kind moes ’n dag lank met die geheim rondloop – sonder enige hulp of ondersteuning. Sy het Maandag die hele dag gehuil en aan niks deelgeneem nie. Maar geen onderwyser het opgelet dat daar fout is nie.”

Haar dogter het haar maats van die beweerde verkragting vertel en húlle het die personeellid aan diens van die koshuis daaroor ingelig. “Maar die skoolhoof is eers die volgende dag ingelig.

“My kind is toe deur die skoolhoof en die polisie ondervra en het mediese toetse ondergaan voordat daar besluit is om my in kennis te stel,” sê die ma.

Die ondersoekbeampte het haar glo “kil” gebel en gesê die polisie het genoeg inligting om te glo haar dogter is verkrag.

“Tot vandag toe wag ek nog vir ’n oproep van die skool,” sê sy.

“Ek het die hoof verskeie kere probeer bel, maar hy het nie my oproepe beantwoord nie. Tog was hy in dringende vergaderings met die ouers van die seun.”

’n Amptelike verslag aan die skool se beheerliggaam lui dat die slagoffer se twee kamermaats die voorval Dinsdagaand by die “toesighoudende opvoeder” in die koshuis aangemeld het.

Henco Gericke, die skoolhoof, het eers Woensdagmiddag besluit dat die ma in kennis gestel word, lui die verslag.
Gericke het nie gister Rapport se oproepe beantwoord nie.

Die verdagte het Vrydag in die landdroshof verskyn en is op borgtog van R2 000 vrygelaat.

- Rapport

Lees meer oor: hof  |  skole  |  misdaad  |  verkragtings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.