Skool op eerste dag beroof
2010-01-14 10:06
Johannesburg – Die polisie in Port Elizabeth is steeds op soek na gewapende mans nadat hulle die Laerskool Morewag in Kensington gister op die eerste skooldag beroof het.
Volgens kapt. Johann Rheeder, polisiewoordvoerder, is duisende rande se skoolgeld in die rooftog gebuit.
Drie gewapende mans het die skool se administratiewe-blok Woensdag binnegegaan en aangedring op die geld.
“Hulle het hulle wapens op die personeel gerig en later met die kontant gevlug. Ek kan nie die bedrag geld wat gesteel is bekendmaak nie,” het Rheeder gesê.
Niemand is in die rooftog beseer nie. Die rowers se wegkommotor is later deur die polisie naby die skool gevind.
– Sapa