Skool ontruim weens betogers
2010-08-25 12:00
Johannesburg – ‘n Hoërskool in Kimberley is Woensdag ontruim nadat stakende onderwysers vrywliggers en nie-stakende onderwysers 'geïntimideer' het, het polisie in die Noord-Kaap gesê.
“’n Groep stakende onderwysers het die skoolgronde betree en die onderwysers wat nie staak nie, geïntimideer,” het kapt. Cherelle Ehlers gesê.
Volgens Ehlers mag die naam van die skool nie bekend gemaak word nie. Die ouers van die leerders is in kennis gestel om hul kinders by die skool te gaan haal.
“Die skool is ontruim en niemand is beseer nie. Polisie monitor nog die situasie,” het sy gesê.
Die stakende onderwysers het glo weggehardloop toe polisie by die toneel opgedaag het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA