Skool-, klasgeld gaan ouers wurg

2011-11-29 07:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Skool- en universiteitsgeld styg volgende jaar met gemiddeld 10% wat dit vir al hoe meer mense onbekostigbaar maak wat nie vroegtydig hiervoor beplan nie.

Mike Schüssler, ekonoom van economists.co.za, sê opleiding word al hoe duurder en mense moet vooruit beplan, geld opsy sit, verskillende beleggingsopsies oorweeg en meer omsigtig met daardie Kersfeesbonusse omgaan.

Hy het bereken as ’n kind volgende jaar met laerskool begin wat sowat R800 per maand (R8 000 per jaar oor tien maande) kos en dit jaarliks met 10% styg, hy uiteindelik sowat R171 000 nodig gaan hê om sy skoolloopbaan te voltooi.

’n Eerstejaarstudent wat volgende jaar ’n graad gaan volg wat sowat R33 000 per jaar kos, gaan sowat R150 000 nodig hê om ná vier jaar af te studeer. En dit sluit nie uitgawes soos verblyf, kos en vervoer in nie.

Uit ’n ondersoek wat Volksblad gedoen het, kan verblyf aan universiteite enigiets tussen R13 300 en R26 000 per jaar vir ’n kamer in ’n koshuis kos, wat nie etes insluit nie. Met etes kan dit tot R42 300 per jaar beloop.

Dit het ook aan die lig gekom dat daar talle ander uitgawes is wat nie by geraamde studiegeld ingesluit is nie, soos handboeke, aanvangsdeposito’s, praktiese klasse, aansluitingsgeld by klubs of verenigings, toegangskaarte, parkeerplekke en sportaktiwiteite.

Schüssler meen ’n gewone vierjaargraad teen R33 000 per jaar met koste soos verblyf en kos ingesluit, kan uiteindelik maklik ’n halfmiljoen rand of meer beloop.

Die drastiese styging in skoolgeld word deur talle skoolhoofde toegeskryf aan hoër munisipale rekeninge en onderwysers wat deur beheerliggame betaal word en ook jaarliks ’n verhoging moet kry.

Volgens Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), gaan dit al hoe slegter met mense en is daar jaarliks ’n toename in ouers wat nie kan betaal nie en vir volle of gedeeltelike vrystelling van skoolgeld kwalifiseer.

“Skole moet hul geld opskuif om te kompenseer vir diegene wat nie kan betaal nie.”

Colditz meen skoolgeldverhogings is ook hoër as inflasie, omdat water en elektrisiteit, drukwerk, skryfbehoeftes en ander uitgawes hoër as inflasie styg.

’n Leerling kwalifiseer vir volle kwytskelding as die gesamentlike bruto inkomste van ouers minder is as die jaarlikse skoolgeld x 10. ’n Gesin met ’n bruto inkomste van byvoorbeeld R100 000 per jaar hoef geen skoolgeld te betaal as die jaarlikse skoolgeld R11 000 beloop nie. Kwytskelding werk ook volgens bepaalde glyskale.

Colditz wys daarop dat ouers se bydrae tot skoolgeld jaarliks sowat R10 miljard beloop, wat meer is as die staat se gesamentlike bydrae van R8 miljard vir die lopende koste van openbare skole.

Volgens hom word sowat 150 000 bykomende onderwys-, administratiewe en ander skoolpersoneel deur beheerliggame betaal. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: klasgelde  |  onderwys  |  universiteite  |  skole

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PHP Developer

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R15000 - R28000

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.