Skool in rou ná leerling se dood

2011-10-17 08:11
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – ’n Wes-Kaapse skoolgemeenskap is geskok nadat een van sy topleerlinge ten tyde van ’n sporttoer in die Vrystaat verdrink het.

Die lyk van Precieux Waya Bazolo (15) is Saterdagoggend gekry nadat hy Donderdag in die Oranjerivier op ’n plaas naby die Gariepdam verdrink het.

Precieux het Woensdag saam met ’n atletiekgroep van die Hoërskool Milnerton na Bloemfontein gereis om aan die gewilde Clover-uitnodigingsatletiekbyeenkoms van Grey-kollege en die Hoër Meisieskool Oranje deel te neem.

Dit was met ’n blaaskans vir die groep van 21 leerlinge en drie onderwysers op die plaas Allemansdrift naby die dorp Gariepdam toe die treurspel hom afgespeel het. Die groep sou daar oorslaap en die volgende oggend weer die pad na Bloemfontein aanpak.

Van Precieux se spanmaats het met ’n kano in die Oranjerivier gevaar. Hy het glo agter die kano aangeswem. Volgens die polisie het hy nie ’n reddingsbaadjie aangehad nie. Toe sy maats aan wal kom, was hy nie meer agter hulle nie. Duikers het sedert Donderdag na hom gesoek.

Jean Bidier Waya Bazolo (49), Precieux se Kongolese pa, van Phoenix by Milnerton, het Sondag sterk voorgekom, maar het gesê hy is diep geskok oor die dood van sy oudste seun. “Ek moet sterk wees vir Emma, my vrou. Sy is erg getraumatiseerd.”

Waya Bazolo het gesê ’n groep vriende van hul kerk het hul jongste seun, Victor Waya Bazolo (8), kom haal om sy gedagtes vir ’n wyle af te lei. “Hy is baie hartseeroor sy boetie se dood.”

Paul Besener, skoolhoof van die Hoërskool Milnerton, was Sondag nog erg geskok oor die voorval en het gesê dit was juis ’n voorsorgmaatreël om op die plaas oor te slaap. “Dit voel asof ek my eie kind verloor het. Dit is verskriklik.”

Die groep het hom aan die kompetisie onttrek.

Lt.kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die lyk is Saterdag omstreeks 10:00 uit die Oranjerivier geduik .

Mbambo sê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Daar sal na verwagting Saterdag ’n begrafnis wees.

Johan Grobbelaar, buitemuurse koördineerder van Grey-kollege, sê die dood van dié jong seun is vir hulle hartverskeurend.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: verdrinkings  |  kindersterftes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.