Skool brand af in Vrystaat
2011-10-28 16:01
Bloemfontein – 'n Brand het skade van sowat R500 000 aangerig by 'n skool in Thabong in die Vrystaat, het die polisie Vrydag gesê.
Die brand by die Lenakeng Comprehensive is Donderdag 18:20 aangemeld, het sers. Tlalanyane Pakela, polisiewoordvoerder, gesê.
"Die dak het meegegee en die meubels is ook beskadig. Die personeelkamer, werkswinkel en stoorkamer is die ergste beskadig."
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
Die polisie ondersoek 'n saak van brandstigting, maar niemand is in hegtenis geneem nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA