Skoliere na lykhuis as straf

2011-08-06 09:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n 28-jarige vrywilliger wat by die Sebokeng-polisiekantoor gewerk het, is van kindermishandeling beskuldig nadat sy ’n klomp matriekleerlinge vir straf na ’n lykhuis geneem het.

’n Betroubare bron het aan Beeld vertel sowat 50 matriekleerlinge van die Crystal Springs Combined School in Polokong in die Vaaldriehoek het op 3 Junie in ’n bus gery om ’n loopbaandag by die Universiteit van Pretoria (UP) by te woon.

“Die skoolhoof het baie sterk drank in van die leerlinge se tasse gevind. Hulle het geweier om bekend te maak wie dit aan hulle verkoop het en hy het hulle toe na die Sebokeng-polisiekantoor geneem.”

Volgens die bron is werkers van die eenheid vir slagofferondersteuning gevra om oor te neem aangesien die meeste van die kinders 18 jaar of ouer is.

“Een vrou (28) wat elke dag met minderjarige misdadigers werk en gatvol is, het besluit om sowat nege van die leerlinge (vyf seuns en vier meisies) na die Sebokeng-lykhuis te neem om hulle ’n les te leer.”

Sommige van die kinders het glo by die veiligheidshek geweier om verder te gaan en aan die diefwering vasgeklou, maar die vrou het hulle gedwing om in te gaan.

“Sy het daarbinne aan hulle talle lyke gewys en die kinders moes selfs ’n lykskouing aanskou.

“Die lyke van ’n baba wat doodgebrand het, ’n man wat met ’n mes doodgesteek is, ’n persoon wat deur ’n hond doodgebyt is en iemand wat in ’n motorongeluk betrokke was, is aan hulle gewys.”

Daarna moes die kinders onder meer die lykhuis se vensters was en vloere vee.

Woedende ouers het ’n aanklag van kindermishandeling teen die vrou, ’n kollega van haar en ’n man wat by die lykhuis werk, aanhangig gemaak.

“Een van die meisies weier glo om te eet en sukkel om snags te slaap, want elke keer wanneer sy haar oë toemaak, sien sy liggaamsdele,” het die bron gesê.

Die aanklaers het egter geweier om hulle te vervolg omdat wat die vrou gedoen het nie regtig as kindermishandeling kwalifiseer nie.

Kapt. Bheki Thwala, Sebo-keng-polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die vrou werk nie meer by die kantoor nie.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: kinders  |  kindermishandeling

Lewer kommentaar op hierdie artikel
67 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

trippie.trippertjie sê... Blip, jy kan mos lees Zanele Magwaza-Msibi gee om ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X1 xDRIVE20i AT
2012
R 366,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 185,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.