Skolier se saak ‘te haastig’
2010-02-04 11:52
Johannesburg – Die hofsaak van ‘n 18-jarige A-student, wat die departement van onderwys dwing vir ‘n bevordering na gr. 12, het op ‘n gespanne noot in die Johannesburgse hooggeregshof begin.
Dít kom nadat die onderwysdepartement in Gauteng se regsverteenwoordigers aangevoer het dat Edwin Botha se hofaansoek 'te haastig' voor die hof gebring is.
Adv. Tebogo Frank Mathibedi het aangedui dat Botha se saak nog intern uistgesorteer kan word.
Hy het gevra dat die saak sonder kostes, laat vaar moet word.
Botha het Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp in gr. 11 verlaat nadat hy emosioneel ineengestort het ná ’n inisiasieseremonie en hy toe met skorsing gedreig is.
Hy wil nou die departement van onderwys in Gauteng dwing om hom na gr. 12 te bevorder.
Sy skoolhoof het glo aan hom ‘n brief gegee wat hom verseker dat hy wel na gr. 12 bevorder sal word, weens sy akademiese uitnemendheid. Maar die departement het hom toe ingelig dat hy weer gr. 11 moet oordoen.
Die saak duur voort.
- Sapa