Skole sluit ná nóg ‘n brand
2010-07-14 04:49
Gauteng - Negentien skole in Noordwes is vir 'n onbepaalde tyd gesluit, nadat 'n vyfde skool deur inwoners van Tlakgameng buite Vryburg aan die brand gesteek is.
Inwoners het drie klaskamers, 'n personeelkamer en stoorkamer by die Sebitlwane-hoërskool tydens 'n betoging oor dienslewering aan die brand gesteek.
Nog vier skole is in Mei vanjaar afgebrand toe inwoners begin betoog het vir 'n teerpad.
Volgens die provinsiale Onderwysdepartement het die LUR vir onderwys, besluit om die skole te sluit om leerders en onderwysers se veiligheid te verseker.
Lees hier meer.
Volg Nuus24 op Twitter.